Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL NUUS SONDAG 3 AUGUSTUS
Goeiemore en welkom hier by die weeklikse nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga wat gelees word deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik) vanuit ____________________ Die SARL saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans landswyd uit en om 08:30 in Engels op HF en verskeie BHF en UHF herhalers. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die SARL webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die SARL se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word. ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

_________________________________________________________________

IN VANDAG SE HOOFTREKKE

** RADIOTEGNOLOGIE IN AKSIE

** JONG RADIOAMATEUR ONTVANG INTERNASIONALE TOEKENNING

** BEKENDE RADIOAMTEUR ONTVANG GOUE TOEKENNING
** SARL HF KOMPETISIE VIND PLAAS VANMIDDAG
>> Die SARL Radio Tegnologie in Aksie symposium vind plaas op 23 Augustus in Johannesburg en 13 September in Pretoria. Tony Voorveld ZS6CCD is die hoofspreker met sy aanbieding oor “The Magic Lamps”. Tony sal dmv demonstrasies wyshoe het buislampe van toentertyd toe Edison die Edision ontdek het tot vandag se diode , triode en X-straalbuis wat die deur geopen het vir die hedendaagse elektronieka.
Jy mag nie hierdie interessante aanbieding van Tony mis nie. Bespreek nou aanlyn deur die skakel op die SARL se webblad. SARL lede geniet gratis toegang terwyl nie lede R 100,00 betaal. Die sluitings datum vir beprekings is 5 dae voor elke aanbieding. Persone wat net opdaag betaal R 100-00 ekstra.

>> Die uitstaande jong radioamateur vir die jaar 2013 toekenning van die IARU streek 1 is hierdie jaar toegeken aan Michel Mynhartdt ZS6YH. Mitchel het die wereld van amateurradio in sy vroeë tienerjare betreë en was sederdien baie aktief in beide plaaslike en internasionale kompetisies. Vir die afgelope 6 jaar is Mitchel jeugkoordineerder van die Oosrand radioklub, en het ook onlangs oorgeneem as jeugkoordineerder van die SARL. Hy is ook betrokke met JOTA en die Voortrekkers.
Die toekening sal amptelik aan Mitchel oorhandig word deur Dennis Green ZS4BS, gedurende die Radio Tegnologie in Aksie symposium wat plasvind op 13 September 2014 by die Inovasion Hub in Pretoria . Dennis is die IARU sekretaris. Baie geluk Mitchell , mag die toekenning `n inspirasie wees vir ander jong amateurs.

>> Hans Kappetijn ZS6KR van die Pretoria-amateurradioklub het Die Voortrekkers se gouepenning vir besondere jeugdiens tydens die klub se AJV op 26 Julie 2014 ontvang. Andries Visagie ZS6VL , Nasionale koördineerder vir CQ Hou Koers, het 'n aanbieding oor amateurradio en die jeug, vir die klublede gedoen. Beide CQ Hou Koers en Die Voortrekkers het goeie blootstelling gekry.

CQ Hou Koers is Die Voortrekkers se nasionale amateurradiokommunikasiedag. Hans help die Voortrekkers jare lank tydens CQ Hou Koers. Hy herlei die hoofleier se boodskap landswyd op verskeie frekwensies en neem ook inroepe voor en na die tyd. Hy stel sy goed toegeruste radiostasie en tyd beskibaar en lewer uitstaande diens.

'n Spesiale word van dank aan die Pretoria amateurradioklub ZS6PTA en uittredende voorsitter Pierre ZS6PJH vir die geleentheid om 'n aanbieding te kon doen en die toekenning te kon oorhandig.


Jy is ingeskakel op ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radioliga, gelees deur ______________ . Ons gaan nou voort met nuus vanaf die lig

>> Registrasie vir die RAE op 16 Oktober 2014 het op 1 Augustus ge-open. Kandidate word versoek om slegs die aanlyn registrasie te gebruik. Dien betalings en dokumentasie so gou as moontlik in. Die skakel vir registrasie kan by "licensing" aan die linkerkant van die SARL webbladsy gevind word. Kandidate wat reeds vir die Mei 2014 RAE geregistreer het maar om een of ander rede nie die eksamen kon aflê of slaag nie, kan met hul gebruikersnaam en wagwoord inteken en hul inligting opdateer vir die komende eksamen.
Sterkte met die voorbereiding en dankie aan elke persoon wat saamwerk om die eksamen 'n sukses te maak.
Eksamensentrumbestuurders word versoek om seker te maak dat inligting tov. van die sentrum op datum is.

Enige navrae kan aan die RAE bestuurder, Gideon Jannasch ZS4GJA, gerig word deur 'n epos te stuur na rae@sarl.org.za

>> Aansoek om heraansluiting by die SARL is van Norman Tinkler ZS1NHT ontvang.
Enige besware teen die aanvaarding van die lidmaatskapaansoek moet die sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.
Tot op hede het 1113 lede reeds hulle lidmaatkap van die SARL hernu.

>> Jy word daaraan herinner dat jou SARL lidmaatskapgelde betaalbaar was op die 1 ste Julie. Indien jy nie die saak afgehandel het nie doen dit nog die naweek. Indien jy jou aanmaaning verlê het skakel die SARL kantoor Maandag op telefoonnommer 011-675-2393 en vra een aan by Vonnie.as jy ernstig is oor jou stokperdjie is it die regteding om te doen.

>> Jy kan nou die trotse eienaar word van die ARRL BASIC ANTENNAS boek. Jy kan hier lees oor hoe om antennas te bou wat regtig werk. Om in besit van die boek te kom kan jy meer inligting verkry by www.amateurradio.org.za/books.htm
>> MURRAY NIMAN G6JYB is aangestel as voorsitter van die RSGB se spektrumraad. Die spektrumraad bring die RSGB en belangstellende groepe in die Verenigde Koningkryk bymekaar waar gemeenskaplike idees uitgeruil kan word. Murray is bekende in die kringe van spektrum aangeleenthede en het die pos van Mikrogolf bestuur al sedert Januarie 2007 beklee. Hy neem oor by Spektum voorsitter John Gould , G3WKL wie nou tot RSGB president vekies is.Murray het ook die SARL tydelik verteenwoordig by die IARU streek 1 VHF/UHF/mikrogolf vergadering wat verlede week plaasgevind het.

KLUBNUUS
Die ZULULAND amateurradioklub se AJV was gehou was op 27 Julie 2014 en die volgende lede is verkies om die klub se leisels te neem vir die komende jaar.
Voorsitter: Andrew Jansen ZS5AND
Onder Voorsitter: Warren Snyders ZS5WOZ
Tesourier: Willie Axford ZS5WI
Sekretaresse: Dawn Snyders ZS5ME

Ander komiteelede is Jo Snyders ZS5PO en hy beklee die pos van redakteur van die klub nuusblad , Anne Griffiths ZS5FAB en Gerald Scrooby ZS5GS.
Die nuwe komitee word sterkte toegewens vir hulle termyn en die uittredende komitee word bedank vir hulle onbaatsugtige diens die afgelope jaar.

PIEKE OP DIE LUG
** Andrew, ZS2G, en Mandy, ZS2AV, hoop om Kompassberg, SOTA ZS/EC-002 op Sondag 3 Augustus 2014 te aktiveer. Hulle sal gebruik maak van 'n FT-817ND met 5 Watt ESB op 7 090 kHz. Die antenna sal 'n dipool wees wat op 'n 4 m teleskooppaal gemonteer is.

KOMPETISIENUUS
** Vanmiddag van 13:00 tot 16:30 UTC, kan jy deelneem aan die Suid-Afrikaanse Radioliga se HF-foonkompetisie en probeer om soveel amateurs in Suider-Afrika as moontlik op die 20, 40 en 80 m amateurbande te kontak. 'n RS-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin word uitgeruil. Die volgende frekwensies mag gebruik word - 14 125 tot 14 300 kHz; 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz en 3 603 tot 3 650 en 3 700 tot 3 800 kHz.

Vermy asseblief vandag die 7 070 kHz frekwensie vanaf 15:00 tot 16:00 aangesien die Suid-Afrikaanse Radioliga Jeug Net sal daar aktief wees.

Jy kan deelneem as 'n enkeloperateur enkel band; 'n enkeloperateur alle bande; 'n multi-operateur enkel band of 'n multi-operateur alle bande stasie. 'n Foon kontak tel 1 punt, tel twee punte vir elke roepgebied gewerk op elke band en tel 2 punte vir elke stasie gekontak op al drie bande. Kontakte met DX stasies word toegelaat.

Logstate moet teen 10 Augustus 2014 by die Bloemfontein Amateurradioklub ingedien word en kan aan zs4bfn@gmail.com of zs4bfn@netactive.co.za gestuur word. Daar sal 'n gelukkige trekking vir 'n ARRL Antenna Handboek ter waarde van R900 wees. Om deel te neem in die trekking, moet 'n logstaat met 'n minimum van 15 kontakte ingedien word.
KOMENDE KOMPETISIE

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga JD-naelloop vind plaas op Saterdag 9 Augustus tussen 09:00 en 10:00 UTC. Dit is 'n prettige aktiwiteit om Nasionale Vrouedag te vier en dit is 'n foonnaelloop op die 40 meterband (7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz). 'n RS-verslag en JD of OK word uitgeruil.

Kontakte tussen JD stasies is 5 punte; kontakte tussen JD en OK stasies is 3 punte werd en kontak tussen OK stasies is 1 punt werd. Logstate moet teen 16 Augustus aan zs4bfn@gmail.com of zs4bfn@netactive.co.za gestuur word.

Lees asseblief die Suid-Afrikaanse Radioliga Kompetisie handboek vir die volledige reėls van beide kompetisie.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Daar is 'n kans vir M-klas sonfakkels.
Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 75.
Amateurs gaan die drie DX-bande van 20 tot 15 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
SARL RADIOTEGNOLOGIE IN AKSIE 23 AUG. IN JHB EN 13 SEPT . IN PRETORIA
SARL HF FOON KOMPETISIE VIND VANMIDDAG PLAAS VANAF 13:00 tot 16:30 UTC.
OOK VANMIDDAG 3 AUGUSTUS - PIEKE OP DIE LUG EN DIE JEUGNET OP 7070 kHz
NEEM DEEL AAN DIE JD NAELLOOP OP 9 AUGUSTUS 2014
Ons sluit vanmore se bulletin af met ‘n terugblik op ons hoofberig:
>> Die SARL Radio Tegnologie in Aksie symposium vind plaas op 23 Augustus in Johannesburg en 13 September in Pretoria. Tony Voorveld ZS6CCD is die hoofspreker met sy aanbieding oor “The Magic Lamps”.
Dit bring ons aan die einde van die Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin. Vind meer uit oor hierdie en ander nuus deur die SARL se webtuiste te besoek.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz . 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO en ook verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies word landswyd gedoen.
'n Heruitsending vind plaas op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz. Besoek die webblad www.podpage.co.za om ook ander interessante amateurradio verwante potgooi artikels af te laai.

Ons ontvang ook graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle vir nuusbulletins . Stuur `n e/pos aan artoday@sarl.org.za.
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die SARL webtuiste onder die newsinbox skakel, nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy het geluister na ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga wat saamgestelen geredigeer is deur Johann du Plessis ZS6PSS.

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens

/EX








Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003